2 November 2021
Die WNNR voorspel dat die stempersentasie in vanjaar se verkiesing slegs 47% sal wees.
Dit sal die laagste kiesersopkoms wees sedert die 2006 plaaslike regeringsverkiesing, toe die opkoms 48% was.
In die 2016 plaaslike regeringsverkiesing was die stempersentasie 57%. Baie kiesers het gister probleme ervaar by stempunte, met die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se nuwe toestelle wat vir hoofbrekens gesorg het.
In sommige ander gebiede het kiesers in lang toue gestaan, en het stempunte eers laat oopgemaak weens betogings wat deur gemeenskapslede gehou is.
Die OVK sê dit is nog te vroeg om te sê of die stempersentasie die laagste ooit is.
Stem vir die Aitsa’s