30 November 2021
Die verteenwoordigende studenteraad van die Universiteit van die Witwatersrand is ontevrede omdat die instansie se bestuur hulle nie geraadpleeg het voordat daar besluit is om inentings teen Covid-19 verpligted te maak nie.
Daar word van volgende jaar af verwag dat alle studente en dosente hulle teen Covid-19 moet laat inent voordat hulle toegang tot die kampus sal verkry.
Volgens die universiteit se beleid – wat van 1 Januarie af geldig sal wees – mag die universiteit enige studente deregistreer of verblyf in die koshuise weier.
Volgens die studenteraad het die universiteit die beleid goedgekeur ten spyte van besware wat hulle geopper het.
Die studente sê die universiteit se beleid druis in teen president Cyril Ramaphosa se aankondiging op nasionale televisie waartydens hy gesê het dat niemand gedwing sal word om teen Covid-19 ingeënt te word ni
Stem vir die Aitsa’s