7 Maart 2023
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het die president van sy studenteraad, Aphiwe Mnyamana, geskors.
Die kom nadat Mnyamana na bewering nié gister by ‘n skorsingsverhoor verskyn het nie.
Wits se studenteraad lei sedert verlede week ‘n studentebetoging oor onder meer uitstaande skuld by dié instelling wat studente verhoed om vir die nuwe akademiese jaar te registreer.
Luidens ‘n verklaring van Wits het sy gedrag inbreuk gemaak op ander se regte, eiendomsbeskadiging veroorsaak en lede van die universiteitsgemeenskap geïntimideer.
Mnyamana sal nie meer op Wits se gronde toegelaat word, aan enige universiteitsaktiwiteite mag deelneem óf in enige van die instelling se koshuise kan woon totdat die regsproses teen hom afgehandel is nie.