7 Augustus 2024
Die reguleerder van die veiligheidsbedryf, Psira, het onthul dat die opleidingskamp – waar 95 Libiese burgers verlede maand aangekeer is – onwettig bedryf word.
Psira het die organisasie wat die kamp bedryf – Milites Dei Veiligheidsdienste – kennis gegee van dié bevinding, en het hulle ook te kenne gegee dat hulle lisensie opgeskort word.
‘n Ondersoek het ook nou aan die lig gebring dat sommige instrukteurs buitelandse burgers is wat nie oor die nodige akkreditasie beskik nie. Die uitvoerende hoof van Psira, Manabela Chauke het vanoggend tydens ‘n mediakoferensie gesê die reguleerder hoop dat die direkteure strafregtelik vervolg kan word, maar dat die besluit nou by die Nasionale Vervolgingsgesag lê.
Die 95 Libiese burgers is op ‘n plaas in Witrivier, Mpumalanga, in hegtenis geneem en word aangekla van die besit van visums wat deur wanvoorstelling verkry is.