22 November 2024
Die winkelgroep, Woolworths, het sy April Gekkedaggrap ‘n werklikheid gemaak en sy sjokolade reeks, Chuckles in ‘n tydelike skoonheidsreeks omskep.
Woolworths het in April aangekondig “dat hy ‘n reeks skoonheidsprodukte, waaronder lyfroom en seep gaan bekend stel. Mense was egter teleurgesteld toe hulle besef dat dit net ‘n grap was.
Weens die positiewe reaksie het Woolworths besluit om tog die tydelike reeks op die winkelrakke aan te bring. Die reeks bevat ses produkte onder R200, waaronder ‘n suikerskrop, Chuckles Sjokolade Smoothie seep, lyfroom, lipbalsem, lipstiffie en lipglans.
Van die produkte het die voorkoms van sjokolade mousse, maar Woolworths waarsku dat géén van die produkte eetbaar is nie.
Woolworths sê hy was verbaas oor die positiewe reaksie op sy gekkegrap-produkte, en mense se versoek om hierdie produkte te vervaardig. Hy sê die produkte sal na verwagting vinnig uitverkoop.