Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Willem Kruger op familieplaas gegroet

29 November 2022

Geliefdes van die 29-jarige Willem Kruger het vanoggend afskeid van hom geneem op die familie se plaas, Doornpan buite Groblersdal in Limpopo.

Willem Kruger

Kruger se liggaam is verlede week in die Vaalrivier buite Morgenzon in Mpumalanga gevind nadat hy op 13 November vermis geraak het. Hy het die vorige aand ‘n rampartytjie by die Henbase Lodge bygewoon.

Kruger se liggaam is sowat ‘n week na sy verdwyning in sy bakkie in die rivier gevind.

LEES OOK: OPVOLG: LIGGAAM IN BAKKIE WÉL DIE VAN VERMISTE WILLEM

Sy ma, Stephanie het in ‘n brief in die begrafnisbrief gesê dat Willem byna met geboorte dood is. Sy pa, Tian skryf hy mis sy seun vreeslik, maar sal sy kop optel en aangaan soos wat hy sy kinders geleer het.

Willem se oom, Eben Kruger het namens die familie ‘n huldeblyk gelewer. Hy het aan sy broer gesê dat hy sy seer raak sien, maar dat hy (Tian) baie sterk is. “Against all odds kry jy nuwe krag, want jy weet jy moet vir almal sterk wees.”

LEES OOK: “DANKIE VIR ALMAL SE GEBEDE,” SÊ PA NA WILLEM KRUGER SE LIGGAAM GEVIND IS

“Stephanie, Willem het jou so lief gehad.” Eben sê die respek wat Willem vir vroue gehad het, is omdat hy sy ma so baie gerespekteer het. Aan sy twee sussies Melissa en Danelle het hy gesê dat die familie hulle altyd sal ondersteun.

“Willem jy was ‘n ‘gentle giant’. Jy was ‘n kind, seun, broer, swaer en vriend. Willem Kruger we salute you.”

Na afloop van die diens is wit rose en roosblare voor Willem se foto geplaas as ‘n laaste eerbetoon.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende