Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Wie presies is Paul Mashatile?

Nuuskommentaar: 7 Julie 2023

Deur: Willie Spies

Hierdie vraag is al dikwels gevra sedert Mashatile in Desember verlede jaar tot Adjunk-President van die ANC verkies is en kort daarna die Adjunk-President van die land geword.

Suid-Afrikaners was effe verlig dat die berugte David Mabuza nie meer ‘n hartklop weg was van die presidentskap in die land nie.

Mashatile was nie die Ramaphosa-faksie se voorkeur kandidaat nie, maar wel die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane, wat intussen nuus gemaak het weens onthullings by die Universiteit van Fort Hare dat hy onder valse voorwendsels toegelaat is as ‘n Magister-student aan dié omstrede instelling waar die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) moes ingryp nadat sluipmoordaanvalle op die Vise-Kanselier en Rektor gedui het op grootskaalse wanadministrasie. Mabuyane het dit reggekry om ‘n interdik te verkry om sy eie beweerde oneerlikheid uit te sluit van die SOE se ondersoek na wanbestuur. In sy hofstukke het hy aangevoer dat hy die ondersoek steun, maar nie wil dat sy eie beweerde oneerlikheid deel van die ondersoek moet uitmaak nie.   

Maar terug by Mashatile. Hy is reeds in September 2008, kort nadat hy Angie Motshekga uitgestof het in die wedloop om premier ANC voorsitter in Gauteng te word, deur die joernalis Alex Eliseev as die “don van die Alex-mafia – ‘n duistere netwerk van magtige mense vanuit die Alexandra-township – wat daarvan beskuldig word dat hy nie sy belang in verskeie maatskappye met ‘n bedrag van R50 miljoen verklaar het nie, twyfelagtige tenders toeken en honderde duisende belastingbetalers rande geblaas het by ‘n Sandtonse restaurant.”

Die middagete-rekening van twee jaar tevore (2006) waarna verwys was, was destyds R96 375.

Die name wat opduik as deel van die “Alex-Mafia” sluit in Mashatile, sowel as Mike Maile (broer van die Gautengse LUR Lebogang Maile wat onlangs ontken het dat R1,3 miljard wat bestem was vir ontwikkelingswerk in Alexandra, verdwyn het), Nkenke Kekana (mede-oprigter van Business Connexion wat groot kontrakte in Gauteng gekry het en Mashatile se dogter destyds aangestel het terwyl die tenderproses oop was) en Bridgman Sithole (wat saam met Mashatile en Kekana betrokke was by Business Connexion.

Mashatile was destyds in die nuus omdat hy eers sy R50 miljoen aandeel in die maatskappy verklaar het, maar later ontken het dat hy aandele daar hou toe sy konflik van belange in die toekenning van tenders aan die maatskappy aan die lig gekom het.

Verlede week is nuwe beweringe oor korrupte bedrywighede deur Mashatile deur News24 gepubliseer, maar die kersie op die koek was sekerlik die videogreep wat sedert Maandag die rondte doen waarin Mashatile se lyfwagte, almal geklee in noupassende pakke klere en gewapen met R5 gewere oor die skouer, drie hulpelose slagoffers brutaal op die N1 snelweg skop en slaan, voor hulle wegjaag en hulle slagoffers plat op die rug op die snelweg agterlaat.

Die slagoffers se sonde was blykbaar dat hulle nie gou genoeg padgegee het toe die Don van die Alex-mafia, met sy bloulig entourage op die N1 verby wou jaag nie.

Die oneerlikheid en rampokkery van die mense in beheer van ons land het geen einde nie. Faksiegevegte het bloot ‘n gestoei geraak om elke vreter sy regmatige plek by die voertrog van korrupsie te gee.

Teen gistermiddag het die opposisie ‘n aansoek ingevolge die Wet op Toegang tot Inligting geloods om uit te vind wie die passasiers was in die voertuie op die toneel en of Mashatile dalk self ook in een van die voertuie was wat stilgehou het om die trae slagoffers reg te sien.

Suid-Afrika ‘n mafiastaat en die “Don” is net ‘n hartklop weg van die presidentskap.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Aand met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende