Wetenskaponderwyser glo deur matriekleerling doodgesteek


Luister nou

Volgende

Wetenskaponderwyser glo deur matriekleerling doodgesteek

21 Oktober 2022

Die onderwysdepartement in die Vrystaat sê hy het met skok verneem van ‘n 35-jarige onderwyser, wat na bewering deur ‘n matriekleerling met ‘n mes doodgesteek is.

Die hoof van die departement, dr. Tate Makgoe sê die fisiese wetenskaponderwyser, Matefo Mphosela was gisteraand (20 Oktober) by haar huis in Botshabelo toe die leerling haar glo aangeval het.

Die 21-jarige matrikulant, Simphiwe Matefo is kort na die voorval vasgetrek en sal binnekort in die hof verskyn op ‘n aanklag van moord.

Die rede vir die moord is nog onbekend. Makgoe sê onderwysers en leerlinge is geskok deur die voorval, en meen dit kom op ‘n baie slegte tyd met die matriekeindeksamen wat binnekort begin.

Die skoolhoof, Nameng Sehloho sê Mphosela was een van die hardwerkendste onderwysers in die provinsie. Hy sê die gemiddelde eindeksamen-punt van haar wetenskap-leerlinge was 84,2% verlede jaar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GqKq4lFWkAAw9tv

Mashatile: “Nuwe transformasiefonds sal nié nóg ‘n broeiplek vir korrupsie wees nie”

Eskom

‘n Beurtkraglose winter is ‘n moontlikheid, sê Eskom

alcatraz-prison-island-sea

Trump sê berugte gevangenis, Alcatraz, moet heropen word

Kristof Slagmulder

Mosie oor Malema eersdaags in Vlaamse parlement gedebatteer

x-1170x600

X-gebruiker vrees vir lewe ná News24-artikel

Ander Nuus Artikels

skysports-kagiso-rabada-south-africa-odi-cricket_6838930
Kagiso Rabada weer vry om te speel na skorsing
Cyril-2-1
Ramaphosa nuusbrief: “Arbeidswette sal wanbalanse van die verlede regstel”
A,White,Rhino,/,Rhinoceros,Grazing,In,An,Open,Field
103 renosters in die eerste drie maande van 2025 gestroop
GqKq4lFWkAAw9tv
Mashatile: “Nuwe transformasiefonds sal nié nóg ‘n broeiplek vir korrupsie wees nie”
Eskom
‘n Beurtkraglose winter is ‘n moontlikheid, sê Eskom

Wetenskaponderwyser glo deur matriekleerling doodgesteek


Luister nou

Volgende