12 November 2024
Statistiek Suid-Afrika (SSA) sê die amptelike werkloosheidskoers het in die derde kwartaal met 1,4-persentasiepunte afgeneem van 33,5% in die tweede kwartaal vanjaar, tot 32,1%.
Volgens die jongste indiensnemingsverslag het die uitgebreide werkloosheidskoers in dié tydperk met 0,7-persentasiepunte tot 41,9% gedaal.
Die statistiekdiens sê daar was ‘n toename van 294 000 werkende persone van Julie tot September vanjaar, wat die totale aantal mense in die formele arbeidsmark op 16,9-miljoen te staan bring.
Ontmoedigde werksoekers het met 160 000 – oftewel 5-persentasiepunte – toegeneem.
Dit bring die aantal nie-ekonomiese lede van die bevolking op 16,5-miljoen te staan.