28 September 2023
Werkloosheid in Suid-Afrika het in die tweede kwartaal van vanjaar met 0,4% afgeneem nadat 39 000 meer mense in diens geneem is.
Volgens Statistiek Suid-Afrika – wat die jongste werkloosheidsinligting vanoggend bekend gestel het – is drie van die agt sektore waarvan hulle rekord hou, naamlik mynbou, vervaardiging en gemeenskapsdienste, se indiensnemingsvlakke weer waar dit was voor die inperkingsmaatreëls in 2020.
Op ‘n jaargrondslag het indiensneming met 1% verbeter nadat 104 000 meer mense werk het as ‘n jaar gelede.
Voltydse indiensnemings het egter afgeneem met ongeveer 64 000 poste terwyl werkgewers meer geneig is om mense tydelik in diens te neem – waar daar nagenoeg 150 000 meer mense die afgelope jaar werk gekry het.