13 April 2021
Die Arbeidshof het die ontslag van ‘n werker beveel wat gaan werk het terwyl hy positief getoets het vir Covid-19.
Die werker, ‘n assistent slagtery-bestuurder by Eskort, Stuurman Mogotsi, was bewus van sy status aangesien hy self sy toetsuitslae by die werk ingegee het.
Hy het ook geweier om self-afsondering toe te pas, het die werkgewer se veilgheidsmaatreëls oor Covid-19 geïgnoreer en het van sy kollegas omhels.
Mogotsi is ontslaan ten spyte daarvan dat die werkgewer se dissiplinêre kode en prosesse nie daarvoor voorsiening gemaak het nie. Hy het hom tot die KVBA gewend wat beslis het sy ontslag was onregverdig en het net ‘n finale skriftelik waarskuwing aanbeveel.
Die werkgewer het hom op die arbeidshof beroep wat die werker se ontslag beveel het.
Die voorsittende beampte het na die feite in die saak as buitengewoon verwys.