27 Junie 2022
Die 17-jarige aangeneemde hond, Mr Happy Face is Vrydag by die Sonoma-Marin feesgronde in Petaluma in Kalifornië as 2022 se “lelikste hond gekroon.”

Mr Happy Face is ‘n kruising tussen ‘n haarlose Chinese kuifkophond en ‘n chihuahua.
Sy eienaar, Jeneda Benelly sê sy het hom in Augustus 2021 aangeneem.
Hy is gered uit ‘n opgaarder se huis, waarna hy in ‘n diereskuiling in Arizona opgeëindig het. “Hy was die gelukkigste hondjie toe ek hom ontmoet, hy het my gekies.”
https://twitter.com/AFP/status/1541330654344134656