15 Maart 2023
Die voorsitter van Eskom, Mpho Makwana, sê Suid-Afrikaners moet die laer fases van beurtkrag vier in plaas daarvan om die kragvoorsiener vir hoër fases te kritiseer.
Makwana het tydens ‘n onderhoud op Newzroom Africa gesê mense moet fase-2 en fase-3 beurtkrag vier in plaas daarvan om net fase 7 en 8 kragonderbrekings te betreur.
Hy het tydens dié onderhoud gesê deur die klein oorwinnings te vier moedig jy die werknemers aan om beter te presteer.
Die kragverskaffer wissel tans fase-3 beurtkrag bedags met fase-4 beurtkrag saans af.