19 Oktober 2021
Die voormalige weermagkorporaal wat Carine van Staden in Augustus 2017 ten aanskoue van haar verloofde in spitsverkeer geskiet het, is ná meer as vier jaar gevonnis.
Jacob Marakalla (38) is tot 18 jaar direkte gevangenisstraf in die Pretoria Noord-streekhof gevonnis.
Landdros Piet Nel het Marakalla 12 jaar gevangenisstraf opgelê vir die aanklagte van poging tot moord, twee jaar tronkstraf vir die rig van ʼn vuurwapen, twee jaar tronkstraf vir roekelose of nalatige bestuur en nog twee jaar tronkstraf vir die versuim om hulp op ʼn ongelukstoneel te verleen.
Nel het tydens vonnisoplegging gesê die beskuldigde se optrede was blatant, vinnig en onnodig en dat hy nie aan die nagevolge gedink het nie.
Van Staden is geskiet toe sy en haar verloofde, Johan Harmse, op sy motorfiets op pad was na vriende in Montana in die noorde van Pretoria.
Stem vir die Aitsa’s