12 Julie 2021
Die Suid-Afrikaanse Weermag het bekend gemaak dat hy soldate in Gauteng en KwaZulu-Natal gaan ontplooi om te help om die grootskaalse onrus onder beheer te probeer bring.
Die weermag het reeds begin met voorbereidings en die troepe sal ontplooi word sodra al die nodige administrasie afgehandel is.
Dié besluit volg op die versoek van die Nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie struktuur.
Die weermag het uitdruklik gesê dat sy mandaat sal wees om die polisie te beveilig terwyl hulle met misdaadbekamping besig is.
Daar is ook nie ‘n aanduiding gegee van hoeveel troepe ontplooi gaan word of vir hoe lank nie.
Volgens die weermag sal dit bepaal word sodra die toestand ontleed en ‘n behoeftebepaling gedoen is.