11 Oktober 2023
Die Tshwane-metroraad sê inwoners in dele van Pretoria se waterverbruik is steeds só hoog dat watervloeibeperkings na sekere reservoirs in Pretoria verminder moes word.
Volgens die metroraad is dit nodig om seker te maak dat daar steeds watertoevoer na alle dele van die stad is en dat die stelsel nie ‘n algehele ineenstorting beleef nie.
Dit volg nadat watertoevoer verlede week na reservoirs in die ooste van Pretoria – om dieselfde rede – verminder is.
Die jongste vermindering van toevoer sal onder andere die Kilner Park, Koedoesnek, Mamelodi, Moreleta, Klapperkop, Rooihuiskraal, Akasia, en Rosslyn Reservoirs raak.
Inwoners word gevra om water spaarsaam te gebruik en nie tuine nat te spuit, motors te was, swembaddens vol te maak of opritte af te spuit nie.