Waterregulasies wat onteiening beoog word teruggetrek


Luister nou

Volgende

Waterregulasies wat onteiening beoog word teruggetrek

10 Oktober 2023

Die burgerregtegroep, AfriForum, sê die voorgestelde nuwe regulasies rakende watergebruik vir ontspanningsdoeleindes en gepaardgaande waterhulpbronbestuursplanne – wat onlangs deur die departement van water en sanitasie voorgelê is – is teruggetrek.

AfriForum sê hy het sterk kapsie daarteen gemaak aangesien dit nie net ontspanningswatergebruikers soos hengelaars, boot- en seiljagvaarders, toerisme-operateurs en oewer-grondeienaars se gevestigde regte sou vertrap nie, maar ook sou neerkom op ’n growwe oorskryding van regeringsmag.

Volgens AfriForum se adviseur vir omgewingsake, Marais de Vaal, het die departement in ’n kort mediaverklaring gesê daar is besluit om die voorgestelde regulasies terug te trek ná behoorlike oorweging van die publiek se kommentaar

De Vaal sê AfriForum sal steeds volhou om druk toe te pas om te verhoed dat regte vertrap word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Waterregulasies wat onteiening beoog word teruggetrek


Luister nou

Volgende