Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Wapenvonds in Vryheid as die vonds van die eeu beskryf

22 Mei 2023

‘n Groep geskiedkundiges, die Vryheid History Diggers het 269 voorlaaiers in Vryheid in KwaZulu-Natal opgegrawe, wat vermoedelik deur Engelse soldate van die Zoeloes afgeneem is.

Volgens die groep vermoed hulle dat die wapens reeds 144 jaar hier begrawe gelê het. Die Vryheid History Diggers maak gebruik van metaalverklikkers om wapens en ander geskiedkundige artefakte te vind.

Riaan Leeuwner, verbonde aan die groep sê die kans is goed dat daar nog wapens in die gebied gevind sal word, weens die grootte van die put. Hy meen daar kan nog tussen 1500 en 4 000 voorlaaiers gevind word. Hy sê al die voorlaaiers se loop-punte is platgeslaan voor dit begrawe is.

Volgens Leeuwner is die wapens van die Zoeloes afgeneem, ‘n maand na die Anglo-Zoeloe-oorlog tot ‘n einde gekom het.

“Ons vermoed dat die wapens in 1879 deur die Engelse by die Mdlalose-groep in die omgewing van Vryheid afgeneem is.” Volgens hom het die Engelse die kolwe van die voorlaaiers vir brandhout gebruik, en het die groep dus lank gewonder oor waar die lope is.

Leeuwner beskryf dié vonds as die vonds van die dekade, of moontlik die eeu. Knope van Engelse uniforms is ook in en om die put gevind. Die wapens is reeds aan verskeie museums geskenk.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

Nuuskommentaar: Afrikaans se toekoms op SABC TV

Ander Nuus Artikels

Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye
GNOwtCrWUAAJNit
Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende