Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Wanneer die spanfoto belangriker word as die telbord

Nuuskommentaar: 7 Oktober 2022

Deur: Francois Redelinghuys

Suid-Afrikaanse krieket is tans nie op ʼn goeie plek nie. Dit is egter nie net op een terrein waar dié sportsoort sukkel nie. Finansieel lyk dinge nie rooskleurig nie met kykertalle wat aan die kwyn is, oninspirerende resultate op die veld en ʼn raad wat skynbaar alles in sy vermoë sal doen om seker te maak dat dié sportsoort in Suid-Afrika sy laaste greintjie van geloofwaardigheid verloor. Hierdie toedrag van sake is egter grootliks weens sy eie toedoen.Krieket Suid-Afrika se val het nie oornag gebeur nie. Daar was ʼn lang opbou tot waar ons vandag staan. Minder as ʼn jaar gelede het ʼn bom om die nasionale span se kop gebars toe die raad eensklaps besluit het dat die span voor sy wêreldbekerwedstryd teen Wes-Indië gedwing moet word om te kniel “in solidariteit met die BLM-beweging.” Die uiteinde van hierdie direktief is dat die span se gereelde paaltjiewagter en aanvangskolwer, Quinton de Kock, hom van die wedstryd onttrek het. Alvorens hierdie gebeure in Dubai was Krieket SA op ʼn missie met ʼn proses wat gedoop is as die “sosiale geregtigheid en nasiebou” verhore. Hierdie verhore kan ten beste beskryf word as ʼn heksejag, om voormalige wit spelers te laat vergeld vir die rol wat hulle gespeel het om mede-swart spelers “ontuis” in die span te laat voel. Op ʼn keper beskou het hierdie proses in ʼn sirkus verander. Die uiteinde daarvan was dat daar dissiplinêre stappe teen die huidige afrigter en voormalige Protea-paaltjiewagter, Mark Boucher, geneem is wat uiteindelik op niks uitgeloop het nie weens ʼn gebrek aan getuies. Wie kan boonop vergeet hoe AB de Villiers, voormalige kaptein van die Proteas, voor ʼn uitspeelwedstryd in die 2015 Wêreldbekertoernooi in die middernagtelike ure ʼn SMS ontvang het wat hom meedeel dat sy beste bouler van die toernooi, Kyle Abbott, nie die volgende dag in die span mag wees nie omdat die span te wit is. Die Proteas is tydens daardie wedstryd teen Nieu-Seeland uit die toernooi geboender en Abbott speel nou oorsee.Dit bring ons by die mees onlangse gebeure. Weens Krieket SA se finansiële verknorsing is daar onlangs besluit om ʼn T20-toernooi op eie bodem aan te bied in samewerking met privaat franchises. Soortgelyke toernooie word regoor die wêreld gehou en spelers word gekoop om vir ʼn spesifieke franchise te speel in die hoop dat die spelers die span kan help om die toernooi te wen. Hierdie toernooie lok groot aandag. Die rede hiervoor is omdat ondersteuners die geleentheid gebied word waar hulle van die beste T20-spelers kan sien meeding. Die spelers is dus ʼn produk wat die toernooi verkoop en daarvoor is spanne bereid om groot geld op hulle te bestee.Temba Bavuma, die Proteas se huidige T20-kaptein, is onlangs op die spelersveiling deur die ses franchises oor die hoof gesien. Natuurlik was daar luide geraas oor hoe rassisties die sport in SA is dat die swart kaptein van die nasionale span nie eens gekies word nie. Die feit van die saak is egter dat sport ʼn besigheid is – of altans veronderstel is om een te wees. As ʼn sportkode nie geld maak nie sal hy sneuwel. Spelers word betaal om te doen wat hulle die beste doen. As hulle dit nie die beste doen nie, moet hulle nie betaal word nie.Bavuma se onlangse resultate spreek nie van iemand wat die beste is nie. Op hierdie stadium moet die vraag eerder wees waarom hy nog enigsins die Protea-kaptein is. Ongelukkig vir hom en die sport ken ons almal die antwoord. Krieket SA is só besig om seker te maak dat die spanfoto’s volgens hulle standaarde reg lyk dat die telbord– op die veld en in die koffers – totaal vergeet word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Oggend met Jaco Versfeld

Sondae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende