Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Wanneer álles op die tafel is

Nuuskommentaar: 25 Julie 2022

Deur: Werner Human

Sedert 1994 kan die verhaal van Suid-Afrika in die finale inskrywing beskryf word as ʼn proses waar gevaarlike beleidsbesluite van die ANC-bewind die land in ʼn desperate posisie op alle fronte van die samelewing geplaas het, wat nou uiteindelik omskakel en lei tot rampspoedige gevolge.

Alhoewel die ANC graag op ʼn vreedsame oorgang van mag, ʼn kortstondige euforie en ekonomiese groei in die 1990’s en vroeë 2000’s sal wil roem, bly die nalatenskap van die ANC se post-1994 bedeling kenmerkend dat hulle Suid-Afrika in ʼn onherstelbare krisis gedompel het.

Dit word ook wyd aanvaar dat ons in ʼn tydvak van groot verandering beweeg. Die huidige orde is besig om te verskuif en daar kan as’t ware gestel word dat állesop die tafel is.

Arnold Tyonbee, ʼn Britse historikus, het ʼn baie eenvoudige toets voor elke beskawing, of gemeenskap gestel. Indien ʼn beskawing nie die vraagstukke van sy tyd kan beantwoord nie sal die beskawing verbrokkel, maar indien daar suksesvol aan die vraagstukke voldoen word sal die beskawing floreer en vooruitgaan.

Met die aanloop tot die Tweede Wêreldoorlog word Winston Churchill tereg wyd geloof vir sy taksering van die stand van sake in Europa, in besonder as ʼn mens reken dat ʼn oorlog met Nazi-Duitsland onvermydelik was.

In die tydperk sedert Adolf Hitler se inswering in 1933 as bondskansellier van Duitsland en die inval van Poland op 1 September 1939, was daar twee oorhoofse benaderings gewees.

Die destydse eerste minister, Neville Chamberlain, het ʼn absolute pragmatiese benadering gevolg, geskoei op die beginsel dat alles in die stryd gewerp moet word om ‘vrede’ in Europa te bewerkstellig. Dit behels om wydstrekkende kompromieë aan te gaan, soos die besluit om nie gehoor te gee aan internasionale verdrae wat Duitsland oortree nie, soos die geval van die Duitse militêre okkupasie van Rynland in 1936, of die oorname van Sudetenland in 1938, wat Chamberlain en sy getroue amptenare aan Hitler as ʼn vredesaanbod gebied het.

In beide gevale – daar is talle ander voorbeelde – het Chamberlain gehoop dat Hitler goedsmoeds van sy ekspansionistiese aspirasies sal afstand doen deur te probeer om die destydse orde bymekaar te hou.

In teenstelling met Chamberlain, het Churchill enige vorm van kompromie verwerp, want hy het geweet dat die ware dryfkrag agter Hitler se strewes die oorheersing van Europa is. In antwoord op Chamberlain se pogings om  vrede vir Europa te bewerkstellig, het Churchill gesê: “Jy het ʼn keuse tussen oneer en oorlog gehad, en nou sit jy met beide.”

Baie tekenend van die Chamberlain-benadering tot Suid-Afrika se enorme uitdagings, is die voorstel van minister Gwede Mantashe dat die antwoord op ons eleltrisiteitskrisis ʼn tweede Eskom is. Ook president Ramaphosa se opmerking tydens ʼn onlangse konferensie van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), waar hy genoem het dat daar meer staatsinstellings op die been gebring moet word om die staat te versterk.

Daar is ʼn algemene sterk gevoel dat állesop die tafel is, en dit is daarvoor bemoedigend dat verskeie gemeenskappe reeds hullself organiseer en posisioneer vir die werklikheid dat die huidige orde nie volhoubaar is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Office-Johannesburg

“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Ander Nuus Artikels

Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking
GquJsHhXAAAiYuq
AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”
Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende