7 Desember 2022
Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi het in reaksie op die vrylating van Janusz Walus gesê dat vandag “‘n hartseer dag is.”

Die departement van justisie en korrektiewe dienste het vanoggend in ‘n verklaring bevestig dat Walus vandag vrygelaat word omdat hy genoegsaam herstel het nadat hy verlede week deur ‘n mede-gevangene met ‘n mes gesteek is.
Walus het in 1993 skuld beken op die moord van die SAKP-leier, Chris Hani. Sy vrylating volg op ‘n uitspraak van die grondwethof, wat op 21 November beslis het dat Walus binne 10 dae op parool vrygelaat moet word.
Lesufi meen Walus verdien nie om vrygelaat te word nie, maar hy sal die hof se besluit respekteer. Hy het vanoggend die medie toegespreek buite die Tembisa-hospitaal waar hy ‘n verrassingsbesoek afgelê het.