24 Junie 2023
Soldate van die private Wagner-huursoldaatgroep het die grens na Rusland oorgesteek en is tans in die stad van Rostov-on-Don in Rusland.

Die leier van Wagner, Yevgeny Prigozhin het in ‘n video-boodskap gesê dat sy magte sal voortgaan om Rostov-on-Don te versper en na Moskou te beweeg. Hy sê die doel is om Moskou se weermagleierskap omver te werp. Hy het verder gesê dat hy en sy 25 000 soldate gereed is “om te sterf.”
Dit kom nadat Russiese weermagleiers na bewering Wagner se manskappe met missielaanvalle geteiken het. Talle Wagner-soldate is weens dié aanvalle dood.
Hy sê sy troepe se opmars na Moskou is nié ‘n staatsgreep nie, maar eerder ‘n pleidooi vir geregtigheid.
Die Russiese president, Wladimir Poetin sê intussen dat die Wagner-groep se beplande binneval van Moskou op hoogverraad neerkom. Hy stem nie saam met Prigozhin dat Wagner nie besig is met ‘n burgerlike opstand nie, en meen dat die groep die Russe in die rug wil steek.
Die Russiese departement van verdediging sê Prigozhin se bewerings dat hulle verantwoordelik is vir missielaanvalle is onwaar.
Foto’s: Reuters
