Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Waarom ʼn aanlyn skoleaansoekstelsel?

Nuuskommentaar: 22 Julie 2022

Deur: Johnell van Vollenhoven

Ouers van voornemende gr. 1- en 8-leerders het van vandag tot en met middernag op 19 Augustus geleentheid om hul kinders by die skool van hul keuse in te skryf. Die departement se stelsel kan wel nie plek in ʼn skool waarborg nie, en daarom word versoek dat ouers dan ook ʼn tweede en derde keuse van skool aandui.

Leerders se besonderhede word saam met ondersteunende dokumente op die stelsel gelaai totdat die ouers uiteindelik per SMS ingelig word of die leerder by die gekose skool kon inkom, al dan nie. Dit sal in Oktober en November gebeur wat om en by twee weke is voordat die skole vir die Desember-vakansie sluit.

Die fout met hierdie stelsel lê nie net by die talle administratiewe en elektroniese uitdagings wat jaar in en jaar uit opduik nie. Dit lê ook nie net by die min tyd wat skole het om vir die nuwe leerders voor te berei nie. Dit lê veel eerder by die onderliggende oogmerk en die uiteindelike uitvoering daarvan wat aangevuur word deur die ideologie van die regerende party.

Die fundamentele doel van hierdie stelsel is nie om die plasingsproses vir skole en ouers te vergemaklik nie. Dit is om beheer te neem, mag uit te oefen en uiteindelik ook plasings by skole te kan beheer. Dit is ʼn direkte poging om skole se toelatings- en taalbeleid te ondermyn en om skuiwergate te vind om leerders op enkelmediumskole af te dwing sodat die skool geen ander keuse het as om by ʼn nuwe kultuur en demografie aan te pas nie.

Hierdie stelsel is in der waarheid niks anders as die voorloper en uiteindelik die verwesenliking van die Bela-wetsontwerp wat vroeër vanjaar vir kommentaar oopgestel is nie. Skole en beheerliggame word al hoe meer van hul reg om skole te beheer en te bestuur ontneem, terwyl LUR’e en ander politieke aanstellings hul wil probeer afdwing onder die kwansuise voorwendsel dat hulle onderrig meer toeganklik wil maak.

Vir Afrikaanse skole hou dit die grootste bedreiging in. Politici hou graag voor dat hierdie taal veral gebruik word om leerders op grond van ras tot skole toe te laat en dat dit dus polarisasie bevorder. Die Gautengse LUR vir onderwys Panyasa Lesufi het hierdie wanvoorstelling van moedertaalonderrig al by verskeie geleenthede as die waarheid voorgehou.

Die waarde van moedertaalonderrig en die ontwikkeling van ander tale as akademiese en onderrigtale is egter nie iets wat deur die ANC gedryf word nie. Die bou van skole ook nie. Voldoende opleiding en ondersteuning aan onderwysers ontbreek en skole verval teen dieselfde tempo as wat staatsentiteite en klein dorpies met korrupte munisipale besture verval. Funksionele skole raak so skaars soos hoendertande en Afrikaanse funksionele skole is ʼn doring in die vlees van ʼn regering wat besig is om te faal.

Algehele sentralisasie is die departement se laaste poging om beheer uit te oefen en weg te doen met enige iets wat ten spyte van sy onderdrukking en magsbeheptheid steeds presteer. Dit is die finale spyker in die doodskis van die onderwys – eenvormigheid in gehalte, of die gebrek daaraan.

Dit is om hierdie rede wat hy elke jaar sy aanlyn stelsel weer implementeer en dit probeer verfyn. Tog is hy nog nie by magte om algehele beheer uit te oefen nie. Beheerliggame beheer en bestuur nog. Skole het nog die reg om beleide op te stel en te implementeer. Ouers mag nog kies om hul kinders in te skryf by die skool van hul keuse en kan dan self deelneem aan die bestuur van daardie skool.

Die mag lê nog by die gemeenskap – die skoolgemeenskap, die taalgemeenskap, die kultuurgemeenskap. En vir solank as wat hierdie gemeenskappe hande vat, saamstaan en terugdruk sal ons ons skole teen die onderdrukking van die staat kan beskerm en sal ons die gehalte van ons kinders se onderrig verseker.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

WhatsApp Image 2025-05-15 at 10.12.02_917487ab

Ramaphosa sal volgende week die VSA besoek

Ander Nuus Artikels

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”
FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)
Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende