Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Waarheen vorentoe met voedselsekerheid?

Nuuskommentaar: 4 Mei 2023

Deur: Bennie van Zyl

Dit is ironies dat die ANC-regering volhard met sy beleid van transformasie.  

Binne die woord word verskeie aspekte verpak wat elk die afgelope bykans 3 dekades meegedoen het om Suid-Afrika se instellings disfunksioneel te maak.  Hier dink ons aan dinge soos gelyke indiensneming, swart ekonomiese bemagtiging en sekerlik die gevaarlikste van almal, kader ontplooiing.   Met die oorgang na die nuwe regering is funksioneel doeltreffende instellings ontvang wat elk ’n wesenlike bydrae gelewer het tot die ondersteuning van ons land se werking.   Ons dink hier aan instellings soos Eskom, Denel, Poskantoor, SAL, spoorwee en so kan ons aangaan om die hele reeks te noem.  Almal vandag getransformeer tot waar hulle inderdaad ’n seer oog vir die land geword het en ’n bodemlose put geword het wat geld vanuit die fiskus opslurp met die herkapitalisering wat gereeld moet plaasvind.  Die vraag is inderdaad of daar een van hierdie instellings en soveel ander is wat vandag steeds bydraend ’n positiewe verskil aan die samelewing kan maak of is die prys van transformasie net te groot.   

Landbou het in die onlangse verlede  deur ’n proses gegaan om ’n nuwe landbouplan genaamd die “Agricultural Agro Processing Master Plan” (AAMP) daar te stel.  Die regering het die waardeketting geleentheid gegee om insette te kan gee.  Heelparty pilare is daarin vervat  wat heel positief is en wat die toets van die markkragte sal slaag.  Die probleem het egter ingeskop toe daardie goeie pilare soos infrastruktuur ontwikkeling, goeie opleiding, ens. onderhewig gestel is aan transformasie.  TLU SA het ‘n 10 bladsy dokument tydens die proses met die ontwikkeling van die landbouplan ingedien met die versoek dat daar ’n ekonomiese definisie aan transformasie gegee moet word ten einde seker te maak dat landbou wat deurlopend deur die markkragte ge-evalueer word nie in die ideologiese denkproses vervalle moet raak nie.   Voedselsekerheid as seker een van die belangrikste aspekte wat stabilisering teweeg bring kan nie in gedrang gebring word nie.  

Die hartseer is dat ’n afteken geleentheid gereël was agter TLU SA se rug en het die ander rolspelers wat betrokke was ’n ongekwalifiseerde mandaat oor transformasie aan die regering verskaf deur almal af te teken.  Die TLU SA standpunt was aan al die rolspelers vooraf verskaf en steeds het dit gebeur..

Die vraag is dus vandag waarheen wil ons landbou transformeer?   Moet landbou lyk soos die res van die instellings wat genoem is en dan kom die vraag noodwendig na vore naamlik wat gaan ons eet?  Die regering het self ’n jaar of wat gelede erken dat meer as 90% van die grond wat hulle oorgedra het uit produksie gegaan het.   Suid-Afrika leef omdat landbou leef en is dit onverantwoordelik om landbou wat ’n ekonomiese proses is in die ideologie in te sleep. 

TLU SA en Saai wat nie deel was van die aanvanklike proses met die daarstel van die AAMP nie het begin uitreik na ander organisasies en gaan binnekort met die departement in gesprek tree oor wat die noodwendige (of kan ons sê noodlotiige) gevolge gaan wees indien daar voortgestu word op die ideologiese pad met ’n uitkoms wat ons tot nou toe in al die instellings ervaar het wat deur die regering getransformeer is.   Die versugting is dat die enigste evaluerings meganisme wat altyd die laaste woord spreek naamlik die markkragte toegelaat moet word om onbevange sy werk te doen.

Suid-Afrika het nie meer swart, vroulike, blanke of manlike boere nodig nie.   Wat ons nodig het is suksesvolle boere wat hul rol kan speel om die meer as 68% van die inwoners wat verstedelik is van voldoende, bekostigbare en gesonde  voedsel te kan voorsien.   Die regering se taak is om ’n beleidsomgewing daar te stel wat die omgewing skep waar diegene wat in die landbou-waardeketting betrokke wil raak dit graag sal wil doen, omrede die nodige vertroue geskep word.  Daar is steeds geleentheid vir rolspelers en organisasies  wat hetsy direk of indirek hul verbind het tot die oorheersing van ’n ongekwalifiseerde transformasie gerigte landbouplan om te kom meedoen om seker te maak dat die ekonomiese beginsels sal seëvier.    Dit sal ook teweeg bring dat alle nuwe toetreders in landbou ’n billike geleentheid sal kry om hul rol te kan speel volgens die meganisme wat hul in elk geval sal evalueer naamlik die markkragte.   Sukses is wanneer die verantwoordelikheid aanvaar word wat dit verg om in enige beroep sodanig te presteer dat daar op die einde van die dag wins sal wees.   Landbou soos enige ander besigheid moet ook hieraan voldoen

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende