WAARDEVOLLE MUNTE PER ONGELUK OP SEEBODEM ONTDEK


Luister nou

Volgende

WAARDEVOLLE MUNTE PER ONGELUK OP SEEBODEM ONTDEK

Twee amateur vryduikers wat met vakansie in Spanje was, wat rommel op die seebodem gaan soek het, het op ’n verrassende vonds afgekom.

Luis Lens en César Gimeno het aanvanklik net agt goue muntstukke gevind.

Dit het ’n reeks duike deur die Alicante-universiteit se argeoloë in samewerking met Guardia Civil se duikeenheid en die Javea-raad tot gevolg gehad.

Hulle het 53 Romeinse muntstukke uitgeduik wat uit die laat 4de of vroeg 5de eeu dateer. Die muntstukke het verbasend goed bewaar gebly. 

“Dié is een van die grootste versamelings Romeinse goue muntstukke wat nog ooit in Spanje en Europa gevind is,” het Jaime Molina, die hoof van die span onderwaterargeoloë van die universiteit, gesê.

En hoe indrukwekkend dié vonds ook al klink, was dit nie ál waarop die duikers afgekom het nie. Hulle het ook op drie koperspykers afgekom wat argeoloë glo van die kis afkomstig was waarin die skatte geberg is.

“Dis ’n uitmuntende argeologiese en historiese vonds, siende dat die bestudering hiervan vir ons ’n magdom nuwe inligting kan ontsluit om die laaste fase van die val van die Westerse Romeinse Ryk beter te verstaan.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

WAARDEVOLLE MUNTE PER ONGELUK OP SEEBODEM ONTDEK


Luister nou

Volgende