16 September 2024
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie se kantoor sal met ‘n ondersoek begin oor wat van R3-miljoen geword het wat beoog was om die Johannes Stegmann-teater in Secunda mee op te gradeer.
Dié geld is reeds in 2017 deur die departement beskikbaar gestel, maar die Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit kan nie verduidelik wat daarvan geword het nie.
Nadat dié teater in 1984 deur die petro-chemiese reus, SASOL, opgerig is, is dit in 1986 aan die stadsraad geskenk.
Die stadsraad het in 2015 ‘n versoek om finansiering gerig om die teater op te knap, en – hoewel die geld bewillig is – is geen herstelwerk gedoen nie.