14 Desember 2023
‘n Vrou wat met haar hond én blou Honda in verskeie strate in die ooste van Pretoria stop om mense vir petrol te vra sorg nou vir groot sports op sosiale media.
Op die Facebook-blad, Eks van die ooste, met nagenoeg 52 000 lede, het ‘n speletjie onstaan waarin mense kan pryse wen indien hulle die eerste persone is wat die vrou kry en ‘n foto neem.
Sy het selfs ‘n bynaam, Annatjie-met-die-Kannetjie gekry.
Een sosiale media gebruiker het begin om pennetjies te plaas op die gedeeltes op ‘n padkaart waar sy opgemerk is.
Van die Pryse sluit in ‘n gratis karwas, ‘n paneelbordkamera of twee dosyn koeksisters.
Volgens die gemeenskapskoerant, Rekord wil dit voorkom asof die Tshwane-metropolisie op haar spoor is omdat sy die storie herhaaldelik, byna elke dag herhaal.
Suid-Afrikaners het oudergewoonte humor gebruik om op die gebeure te reageer.