31 Desember 2021
Vyf vroue, van wie twee susters is gistermiddag in ‘n motorongeluk op die R60 naby Robertson in die Wes-Kaap oorlede.
Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, Daylin Mitchell het aan Netwerk 24 gesê dat die ongeluk omstreeks 3 uur gistermiddag plaasgevind het. Hy sê die slagoffers was tussen 21- en 24 jaar oud.
Volgens die LUR het ‘n vragmotor gebots met die Toyota Yaris waarin die vyf vroue was. Mitchell sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die Yaris ‘n U-draai voor die Fuso-vragmotor wou maak.
Die vragmotorbestuurder en sy passasier is lig beseer.
https://twitter.com/mec_mitchell/status/1476633409124540419
https://twitter.com/mec_mitchell/status/1476631426099564544