27 Julie 2022
Verkeer naby die Koning Shaka Internasionale Lughawe – noord van Durban – is vir ure ontwrig nadat gewapende rowers en werknemers van ‘n privaat veiligheidsmaatskappy slaags geraak het.
Volgens Medi Response het die verdagtes in twee voertuie gevlug nadat hulle ‘n onderneming op Empangeni – aan die KwaZulu-Natalse Noordkus – beroof het.
Die eerste voertuig is op die N2 naby die Tongaat-tolplaza deur die maatskappy onderskep en tot stilstand gedwing.
Die tweede wegkommotor is eers naby die lughawe onderskep waar daar ook skote geskiet is.
Vyf verdagtes is doodgeskiet terwyl een ernstig gewond is. ‘n Sewende verdagte is in hegtenis geneem.