Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Vyf verdagtes steeds soek ná hulle ontsnap

10 Mei 2022

Die polisie in Noordwes het ‘n soektog begin nadat vyf verhoorafwagtende gevangenes die afgelope naweek uit die Zeerust polisiestasie ontsnap het. 

Die polisiewoordvoerder, brigadier Sabata Mokgwabone sê die vyf mans het omstreeks 10:30 Sondagoggend uit aanhouding ontsnap nadat hulle glo ‘n polisiebeampte oorrompel het en die aanhoudingsel se sleutel in die hande gekry het. 

Mokgwabone sê die mans – Joshua Sibanda (39), Amogelang Motsiane (36), Tshepiso Kwenampe (22), Bengu Hlanganane (31) en Enoch Lebeloane (46), staar onder meer aanklagte van verkragting, diefstal, poging tot moord en sakeroof in die gesig.

Die VF Plus het intussen vandag tydens ʼn sitting van die Noordwes-wetgewer geëis dat die omstandighede rakende die ontsnapping dringend ondersoek moet word.

Die party se lid van die provinsiale wetgewer in Noordwes, De Wet Nel sê dit is veral kommerwekkend dat die mans ontsnap het nadat boere-organisasies en gemeenskapslede die polisie herhaaldelik versoek het om doeltreffende maatreëls in te stel om dit te voorkom.

“Dit is belangrik dat die provinsiale regering homself sterk uitspreek teen sulke voorvalle en die hoë voorkoms van geweldsmisdaad in die Noordwes. Stilswye uit regeringskringe sal bloot die persepsie van stille kondonering van ontsnappings onder lede van die gemeenskap versterk,” sê Nel.

Hy meen die gemeenskap van Noordwes steier reeds lank onder hoë vlakke van misdaad en voorvalle soos hierdie ondermyn die vertroue van die gemeenskap in die owerhede.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende