28 Oktober 2022
Vyf van Suid-Afrika se stede, insluitend Pretoria verskyn op die lys van die wêreld se gevaarlikste stede.
Die lys word saamgestel deur opnames onder diegene wat die data-groep, Numbeo se webtuiste besoek. Volgens dié lys is Pretoria in die tweede plek, Durban is die derde gevaarlikste stad, Johannesburg is in die vyfde plek, Port Elizabeth of Gqeberha is 11de en Kaapstad is die 20ste gevaarlikste stad ter wêreld.
Caracas in Venezuela is die gevaarlikste stad ter wêreld.
Dié lys is saamgestel deur om mense te vra om die voorkoms van misdaad in hulle stad te lys.
Volgens die indeks het mense in Pretoria aangedui dat motordiefstal veral kommerwekkend is. Dis volgens die data byvoorbeeld ook nie ‘n goeie idee om alleen in die aand rond te stap nie.
