2 Desember 2022
Die raad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het nuwe name vir vyf koshuise goedgekeur.
Huis Abraham Fischer – ook bekend as Vishuis – sal voortaan Abraham Fischer-Boetapele heet, terwyl Reitz herdoop is tot Tao Maguezi.
Kiepersol se nuwe naam is nou Imvelo-Yesizwe terwyl President Steyn hernoem is as !ke e:/xarra//ke-President Steyn.
Die vyfde koshuis wat ‘n naamsverandering ondergaan het is Boomplaas wat nou as Intsika-ye-Khaya bekend sal staan.
Volgens die universiteit bepaal sy institusionele transformasieplan dat ‘n getransformeerde universiteit in Suid-Afrika een sal wees wat sosiale geregtigheid sal nastreef in alles wat hy doen.
FOTO: Universiteit van die Vrystaat