3 Februarie 2022
Vyf lede van ‘n gesin, waaronder ‘n kind, is laat gisteraand dood toe hulle motor met ‘n petroltenkwa by die Swartkoppies- en Kliprivier kruising naby die Mall of the South in Johannesburg gebots het.
Die woordvoerder van die Ekurhuleni-metro se nooddienste, William Ntladi sê die gesinslede is onherkenbaar verbrand. Hy sê die vragmotorbestuurder en ‘n passasier is ernstig beseer en in ‘n hospitaal opgeneem.
Die ER24-woordvoerder, Russel Meiring sê brandbestryders moes vlamme blus, wat uitgebreek het.
Die omstandighede rakende die ongeluk word ondersoek.