Vullisverwyderingsvragmotor val in sinkgat in Carletonville


Luister nou

Volgende

Vullisverwyderingsvragmotor val in sinkgat in Carletonville

30 Mei 2022

“Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) se onvermoë om die sinkgate wat meer gereeld voorkom te rehabiliteer, stel lewens en eiendom in gevaar.”

Só sê die VF Plus se raadslid in die munisipaliteit, Ben van der Berg nadat ‘n vullisverwyderingsvragmotor in ʼn sinkgat in Caledonstraat, Carletonville beland het. Hy sê ʼn klein sinkgat het twee maande gelede ingeval waarna die munisipaliteit die gebied afgesper en ʼn vrag grond 15 meter voor die gat gegooi het om te voorkom dat water daarin vloei.

“Merafong het sy onderneming om die sinkgat te rehabiliteer, nie nagekom nie. Die gat het vergroot waarna die vragmotor daarin beland het,” sê van der Berg.

Hy sê die VF Plus het reeds twee jaar gelede die munisipaliteit gevra om dadelik met die rehabilitasie van sinkgate te begin.

“Die munisipaliteit het ʼn bedrag van R118 miljoen en ʼn verdere R49 miljoen van die Gauteng-provinsie ontvang vir die rehabilitasie van sinkgate in die gebied. Van die sinkgate is egter net met klip opgevul en geen verdere rehabilitasie of opgradering van infrastruktuur het plaasgevind nie.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ENOCH

Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede

Untitled design (2)

Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

GraUysfXsAAcdKU

Solidariteit doen ‘n beroep op Ramaphosa om stappe aan te kondig om verhouding met VSA te herstel

Geld-1

Verbruikersprysinflasie nou op 2,8%

IMG-20220418-WA0228

Addo-park maak geskiedenis met die verskuiwing van 42 olifante

Ander Nuus Artikels

Screenshot 2025-05-21 123804
Nuuskommentaar: Internasionale Museumdag (18 Mei) se oproep tot ons
GreTTOMXoAArt_c
“Apartheidsbelasting” van die hand gewys
Grekf-sXIAACXI5
Politieke partye, organisasies reageer op die derde begroting
ENOCH
Minister Godongwana lewer vir die 3de keer sy begrotingsrede
Untitled design (2)
Hoëgehalte Brandstof van DSL Fuels – Beter vir Enjins, Beter vir Jou Besigheid

Vullisverwyderingsvragmotor val in sinkgat in Carletonville


Luister nou

Volgende