Vullisterreinoudit: 81,5% van terreine voldoen nie aan minimum standaarde


Luister nou

Volgende

Vullisterreinoudit: 81,5% van terreine voldoen nie aan minimum standaarde

13 Julie 2022

AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse vullisterreinouditverslag bekendgestel nadat vullisterreine in dorpe en stede waar AfriForum se takke geleë is, vroeër vanjaar geoudit is.

Die organisasie sê dié verslag gaan met Barbara Creecy, die minister van omgewingsake, bespreek word as ’n deurlopende gesprek wat reeds in 2019 begin het en gaan ook aan die Groen Skerpioene oorhandig word vir verdere ondersoek. In die verslag is bevind dat slegs 18,5% (30 van 162) van dié terreine voldoen aan die minimum vereistes van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis (Wet no. 59 van 2008).

Kragtens die wetgewing moet ’n vullisterrein aan bepaalde vereistes voldoen. ’n Lys van 33 vrae is saamgestel met hierdie minimum standaarde as riglyn en dié vrae is gebruik om die vullisterreinoudit te doen.

“Die swak persentasie kan toegeskryf word aan verskeie probleme wat by munisipaliteite ondervind word wat lei tot die swak en onwettige bestuur van ons vullisterreine. Wanbesteding van fondse, swak instandhouding en ’n gebrek aan bekwame personeel is maar ’n paar van die probleme wat ons daagliks ondervind. Die grootste probleem is dat daar amptenare in munisipaliteite is wat nie die wil en/of die kennis het om die terreine te bestuur nie,” sê Lambert de Klerk, bestuurder van omgewingsake by AfriForum.

De Klerk sê een suksesverhaal is dié van die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit in Potchefstroom wat ’n daadwerklike ommekeer gemaak het en ’n bekwame privaat maatskappy aangestel het om uit te help by die vullisterrein. Dit is duidelik te sien in die afgelope drie jaar se ouditresultate (16% in 2020, 46% in 2021 en 82% in 2022).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GqKq4lFWkAAw9tv

Mashatile: “Nuwe transformasiefonds sal nié nóg ‘n broeiplek vir korrupsie wees nie”

Eskom

‘n Beurtkraglose winter is ‘n moontlikheid, sê Eskom

alcatraz-prison-island-sea

Trump sê berugte gevangenis, Alcatraz, moet heropen word

Kristof Slagmulder

Mosie oor Malema eersdaags in Vlaamse parlement gedebatteer

x-1170x600

X-gebruiker vrees vir lewe ná News24-artikel

Ander Nuus Artikels

skysports-kagiso-rabada-south-africa-odi-cricket_6838930
Kagiso Rabada weer vry om te speel na skorsing
Cyril-2-1
Ramaphosa nuusbrief: “Arbeidswette sal wanbalanse van die verlede regstel”
A,White,Rhino,/,Rhinoceros,Grazing,In,An,Open,Field
103 renosters in die eerste drie maande van 2025 gestroop
GqKq4lFWkAAw9tv
Mashatile: “Nuwe transformasiefonds sal nié nóg ‘n broeiplek vir korrupsie wees nie”
Eskom
‘n Beurtkraglose winter is ‘n moontlikheid, sê Eskom

Vullisterreinoudit: 81,5% van terreine voldoen nie aan minimum standaarde


Luister nou

Volgende