Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

VSA meen Russe soek die hele Oekraïne

25 Februarie 2022

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Antony Blinken sê hy is van mening dat Rusland van plan is om die regering in Oekraïne omver te werp.

Volgens Blinken is Rusland van plan om die hoofstad Kiev te omsingel, met Russiese troepe wat reeds oppad na die hoofstad is van drie kante af. Rusland het vanoggend voortgegaan met sy aanvalle op Ukraine.

‘n Langafstand missiel is vanoggend afgeskiet bo die hoofstad Kiev. ‘n Aantal ander ontploffings is ook in die stad gehoor.

Oekraïne het op sy beurt gesê hy bied teenstand, en beweer hy het gister meer as 800 Russiese troepe gedood.

Die Europese Unie het ook ‘n rits nuwe sanksies teen Rusland aangekondig, wat beoog om die land se finansieele, energie, en vervoer sektore te kniehalter.

Die Europese Kommissie se president Ursula von der Leyen sê die sanksies het ten doel om streng gevolge in te hou vir die Russiese ekonomie en die politieke elite.

Die aankondiging volg op die van die Amerikaanse president Joe Biden, wat ook gisteraand nuwe, strenger sanksies teen Rusland aangekondig het.

Biden het ook aangekondig dat 7,000 Amerikaanse troepe na Duitsland stuur ter ondersteuning van sy Navo-bondgenote wat reeds op ’n gereedsheidsgrondslag is.

Hy het egter benadruk dat hulle nie in Oekraïne ontplooi sal word nie.

Biden sê Amerika se magte is nie en sal nié betrokke raak by die konflik met Rusland in Oekraïne nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Joe-biden-scaled

Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700

Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya

Afrika het sy warmste dekade nóg beleef

Pieter_Groenewald

3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

Ander Nuus Artikels

South Africa Scandal Explainer
Phala Phala: Saak tot September uitgestel
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
SAUK TV-nuus skuif binnekort weer na ‘n vroeër tydgleuf
Gq_5ZqlXwAA4loq
John Steenhuisen besoek ook VSA – wil handelsverhoudinge versterk
Joe-biden-scaled
Joe Biden met prostaatkanker gediagnoseer
b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende