Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Vrystaatse regering gekap oor reuse bedrag, wat na bewering bestee is aan ‘n byeenkoms

13 April 2021

Die Vrystaat se departement van finansies het na bewering R1.4-miljoen bestee aand ‘n byeenkoms waartydens die Vrystaatse begrotingstoespraak in Gariep gelewer is.

Die VF Plus sê in ‘n verklaring dat dié byeenkoms gehou is terwyl dienslewering in die Vrystaat in wese tot stilstand gekom het weens ‘n geweldige geldtekort.

Volgens die VF Plus se provinsiale leier in die Vrystaat, Jan van Niekerk het die LUR vir finansies, Gadija Brown self te kenne gegee dat die Vrystaatse ekonomie in ‘n benarde situasie is.

Van Niekerk sê die party het verlede jaar die Vrystaatse regering uitgedaag om vermaak, spyseniering, vervoer en die huur van lokale en geriewe in die komende jare te besnoei en die krane vir luukshede toe te draai wanneer die pandemie verby is.

Volgens Van Niekerk het die departement na bewering R66 000 aan spyseniering vir die geleentheid bestee terwyl R1,3 miljoen glo aan ‘n maatskappy betaal is vir sogenaamde bemarking van die byeenkoms.

Hy sê die VF Plus is van mening dat die byeenkoms effektiewelik niks moes kos nie, omdat dit in die Vierde Raadsaal in Bloemfontein gehou kon word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.

Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op

Screenshot 2025-05-13 105216

68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Screenshot 2025-05-13 091435

49 Suid-Afrikaners in die VSA verwelkom

Repliek

Van Wiskunde tot werk

GRVyh6TbEAAnjIT

Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar

Ander Nuus Artikels

cyril17
Ramaphosa: “Suid-Afrikaners wat na Amerika vlug is lafaards”
The,Increase,In,Unemployment.,News,In,The,Newspaper,On,The
“SA gaan onder werkloosheid gebuk, RNE skitter in sy afwesigheid”
Young,Business,Woman,Holding,Sign,Looking,For,A,Job
Werkloosheidskoers neem met 1-persentasiepunt toe
Gun,With,Ammunition,On,Wooden,Background.
Agterstand in vuurwapenlisensies duik weer op
Screenshot 2025-05-13 105216
68-jarige vrou deur olifant in Krugerwildtuin doodgetrap

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende