Vrystaatse premier, Sisi Ntombela gaan bedank

Luister nou

Volgende

Vrystaatse premier, Sisi Ntombela gaan bedank

21 Februarie 2023

Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, gaan bedank. 

Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het vandag tydens ‘n nuuskonferensie bevestig dat sy hom ingelig het van haar voorneme om te bedank. Hy sê hy wag egter steeds op haar bedankingsbrief.

Mbalula beweer dat hy vroeër vandag probeer het om vir Ntombela telefonies te kontak, maar dat sy pogings onsuksesvol was.

Volgens hom sal die provinsiale uitvoerende komitee, die PUK, die aangeleentheid nou verder opneem.

Ntombela het nie ná die ANC se verkiesingkonferensie in Desember die PUK gehaal nie. Volgens Mbalula het die PUK ook vroeër aangedui dat hulle veranderinge aan die provinsiale regering wil aanbring.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa