Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Vrystaat stort in duie: Wanneer laas was die president in dié provinsie?

Nuuskommentaar: 4 Augustus 2022

Deur: Mari Oosthuizen

Die burgerregteorganisasie AfriForum het met ’n oudit van Vrystaatse munisipaliteite bevind dat die provinsie vrot vaar wat dienslewering betref.

Aspekte soos die demografie, sosio-ekonomiese toestande, dienslewering en die bestuur van munisipaliteite word deur hierdie oudit gemeet. Volgens AfriForum wissel die indrukspunt van vier uit tien vir Dihlabeng, in Bethlehem en 0,5 uit tien in Tokologo, oftewel Boshoff. Dr. Eugene Brink, bestuurder van AfriForum se Sentrum vir Plaaslikeregeringsake, sê die beskikbare data toon ’n onrusbarende prentjie van hierdie eens trotse provinsie. Hy sê die oudit is ‘n bewys van hoe swak die Vrystaat se munisipaliteite bestuur word.

Volgens Brink is daar groot verskille tussen die verskillende munisipaliteite se gehalte van dienslewering. In die Setsoto-plaaslike munisipaliteit, wat Ficksburg en Senekal bedien het byvoorbeeld slegs sowat 15% van huishoudings toegang tot kraanwater in hul wonings teenoor sowat 65% in Sasolburg.

Hierdie bevindinge is – om die minste te sê – uiters kommerwekkend. Om dan nie eers te praat van die Mangaung-metro, wat die provinsie se hoofstad, Bloemfontein bestuur nie.

Miskien, steur die regering hulle nie aan die Vrystaat en die welstand van sy mense nie, omdat dit nie noodwendig die ekonomiese spilpunt van die land soos Gauteng is nie?

Mens, kan egter nie help om te wonder wanneer laas een van die ministers, of selfs die president in die Vrystaat was nie. Het hulle met hulle bloulig-konvooi probeer om deur Tweeling of Reitz te ry?

Dit sal onmoontlik wees om met daardie luukse sportnutsvoertuie teen 120 kilometer per uur te ry, met reuse slaggate wat paaie meer grond- as teer maak.

As krane nie opdroog nie, is water bruin en byna ondrinkbaar. En, nee dit is nie oordrewe nie. Foto’s van bruin drinkwater word gereeld op sosiale media versprei.

Wanneer laas het die regering deur die Vrystaat gery en weer mooi gekyk na die plase in die omgewing. Besef hulle dan nie dat daardie kouevleis-broodjie in die plastiekbakkie waarskynlik gemaak is van graan, wat met liefde geplant en ge-oes is in die Vrystaat nie?

Vrystaatse jong mense, wat almal ‘n beter toekoms in Gauteng en die Wes-Kaap gaan soek het, se ouers woon steeds in die provinsie. Dit is uiters kommerwekkend gegewe die herhaaldelike kragonderbrekings, min tot geen dienslewering, gevaarlike vullisterreine, en slaggat-paaie, wat ‘n ongeluk is wat wag om te gebeur.

Ontleders van die nie-finansiële sensus van munisipaliteite vir 2020 sê die syfers toon wat hulle lankal weet – naamlik dat munisipale bestuur in die Vrystaat heeltemal in duie gestort het.

Volgens inligting wat die statistikus-generaal, Risenga Maluleke verlede maand bekend gemaak het, het die aantal huishuidings wat van emmertoilette gebruik maak – van 2019 tot 2020 – tot 47 000 toegeneem. Die toename is die gevolg van net sewe munisipaliteite waar diensverskaffing drasties agteruit gegaan het – waarvan ses in die Vrystaat is.

Die Vrystaat is dalk nie die grootste provinsie nie, maar is sekerlik die middelpunt van landbou in Suid-Afrika en is ook huis vir so baie van ons ouers en grootouers.

Ek is bekommerd.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende