Vrystaat-paaie: VF Plus vra ondersoek na mislukte padprojekte


Luister nou

Volgende

Vrystaat-paaie: VF Plus vra ondersoek na mislukte padprojekte

20 Mei 2022

Die VF Plus het die openbare beskermer (OB) versoek om ondersoek in te stel na die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer se gefaalde padprojekte.

Dié departement het hofsake teen konstruksiemaatskappye wat tenders vir padprojekte ontvang het, aanhangig gemaak.

Die VF Plus se lid van die provinsiale wetgewer in die Vrystaat, Armand Cloete, sê dié kontrakteurs was nie in staat om die projekte wat aan hulle toegeken is te voltooi nie en daar is ook gevalle waar paaie wat gebou is, substandaard is.

LEES OOK: “VRYSTAAT ONDERBESTEE R507 MILJOEN, MAAR OORBESTEE AAN SALARISSE,” SÊ VF PLUS

“Die geraamde waarde van hierdie kontrakte beloop sowat R831 miljoen. Die departement poog tans om deur die regsaksie verlore fondse te herwin,” sê Cloete.

Hy sê intussen is die departement genoodsaak om van verkrygingsprosesse af te wyk om nuwe kontrakteurs aan te stel om hierdie mislukte en onvoltooide projekte te voltooi.

“Terwyl die provinsie se paaie totaal vervalle is, is dit onaanvaarbaar dat die departement nie die nodige sorg aan die dag gelê het om tenders toe te ken aan kontrakteurs met bewese rekords in die voltooiing van paaie van goeie gehalte nie,” verduidelik Cloete.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

Vrystaat-paaie: VF Plus vra ondersoek na mislukte padprojekte


Luister nou

Volgende