Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Vrouemaand – ’n tyd om te juig of ’n tyd om te ween?

Nuuskommentaar: 19 Augustus

Deur: Andrea van Wyk

In ’n maand wat Suid-Afrikaners veronderstel is om vroue te vier is die posisie van duisende vroue nog nie waar dit moet of kan wees nie. Alhoewel die wêreld reeds groot tree geneem het nader aan gelykheid en geregtigheid vir vroue kan ’n mens nie help om diep geraak te word deur onlangse nuushooftrekke beide plaaslike en internasionaal nie.

Vêrder weg uit Suid-Afrika is daar ’n humanitêre krisis wat afspeel in Afghanistan en dié land se vroue is kwesbaar vir ’n wrede toekoms. Nadat die Taliban vandeesweek Kaboel amptelik oorgeneem het, hou die wêreld sy asem op om te sien hoe veral vroue deur die Taliban in Afghanistan hanteer gaan word.

Vanaf 1996 tot 2001, die vorige keer toe die Taliban dié land regeer het, was vroue verbied om te werk, skool toe te gaan of by hul huise uit te gaan sonder ’n man wat hulle begelei. Voue van Afghanistan is gereeld in die openbaar geslaan, aangerand en verneder. Nou vrees die internasionale gemeenskap dat dieselfde onreg weer kan gebeur. Só bang is die Afghaanse mense vir die Taliban dat van hulle aan die buitekant van vliegtuie vasgeklou het in ’n desperate poging om die land te verlaat. Die Afghaanse robotika-span, wat slegs uit meisies bestaan, het huilend gesmeek dat die Kanadese regering hulle red vanuit die Taliban se kloue. ’n Mens moet dan vra – hoe kyk die wêreldmagte bloot toe?

Nader aan eie bodem is Suid-Afrika steeds in die greep van twee pandemies – die COVID-19-pandemie en die pandemie van geslagsgebaseerde geweld. Sedert die begin van die land se inperking het gevalle van dié misdaad die hoogte ingeskiet. Luidens mediaberigte het die regering meer as 120 000 gevalle van geslagsgebaseerde geweld in die eerste drie weke van die inperking aangeteken. Luidens Statistiek Suid-Afrika het 51% van vroue erken dat hulle geslagsgebaseerde geweld ervaar het en 76% van mans sê hulle het dié misdaad eenkeer in hul lewe gepleeg.

Wat meer skrikwekkend is, is die getal vroue wat hul lewens verloor weens dié misdaad. Daar word beraam dat ’n vrou elke drie ure in Suid-Afrika vermoor word. Ons land se gemiddeld vir die moord op vroue is vyf keer meer as die wêreldwye gemiddeld. Só kan ’n mens aanhou om statistiek aan te haal, maar die vraag is wanneer die regering werklik gaan optree om in te gryp teen dié misdaad? Die regering hou daarvan om sy stem in die media dik te maak teen geweld teen vroue en kinders, maar daar is byna geen teken van praktiese stappe wat op grondvlak gedoen word om hierdie misdaad te stuit nie.

Nóg ’n faktor wat jong Suid-Afrikaanse vroue kan terughou in die nabye toekoms is die groot getal jong meisies wat swanger raak. Die Gautengse Departement van Gesondheid het vandeesweek bekend gemaak dat meer as 23 000 jong meisies in die tydperk tussen April 2020 en Maart 2021 swanger geraak het. Meer as 900 meisies tussen die ouderdom van 10 en 14 jaar het in dié tyd geboorte geskenk.

Volgens die DA is dié getal betreurenswaardig omdat hierdie meisies se hele toekoms nog voor hulle lê. Nie net hou ’n swangerskap op só ’n jong ouderdom gesondheidsrisiko’s vir die ma en baba in nie, maar dit het beduidende maatskaplike nagevolge, soos die voortsetting van ’n siklus van armoede en ’n tekort aan voldoende onderrig. Dit, op sy beurt, verhoog die kans dat meer jong vroue gaan moet staatmaak op staatstoelaes om te oorleef, wat nog meer druk op ’n reeds wankelrige Sassa sal plaas. Die impak van swangerskap op ’n volwasse vrou se loopbaan is in meeste gevalle redelik groot – hoe moet só ’n jong meisie die impak van swangerskap en die wêreld van volwassenheid wat voorlê hanteer?

Die stryd vir gelyke regte vir vroue voel ast’ware soos ’n heen en weer: in sommige lande word daar uitstekende vordering gemaak, maar dan is daar steeds lande waar vroue min tot geen regte geniet nie.

Vrouemaand is inderdaad ’n maand om te vier, maar ook ’n maand om te besin oor waar vroue in die wêreld geposisioneer is, waarheen ons op pad is en waar ons op grondvlak kan begin werk om gelyke regte vir almal te verseker.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende