Allegaartjie met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Sy moes vir jare met die skuldgevoel rondloop dat sy verantwoordelik is vir haar blondekopseuntjie se dood.

Bernadette Small van Koppies in die Vrystaat het nagte om gehuil by die herinnering aan klein AJ (3) se lewelose liggaam wat in die pad gelê het, en die blote gedagte dat sý hom raakgery het, het vir haar eindelose smart veroorsaak.

“Die seer, die selfkastyding, en om te hoor jy is ’n slegte ma, het my gebreek,” sê Bernadette.

Nou, amper ’n dekade later, het sy uiteindelik afsluiting en vertroosting gevind, en inspireer sy nou ander met haar praatjies en haar boek wat sy oor haar smart en verlies geskryf het.

Die voorval het 2017 gebeur toe Bernadette besluit het om in te ry dorp toe. Sowat ’n kilometer van die huis af, het haar man, Pieter, haar gebel en histeries oor die foon vir haar vertel sy het oor AJ gery. Dokters in Kroonstad het vergeefs probeer om AJ se lewe te red, maar dit was te laat.

Maar iets aan die gebeure het nie vir haar sin gemaak nie, en Bernadette was vasbeslote om die ware toedrag van sake aan die lig te bring. Sy het besluit om ’n private speurder aan te stel om die ongelukstoneel te ondersoek.

“In daardie tyd was ek steeds vas oortuig ek het my eie kind doodgery en dan lees ek oor myself in die koerante. Dit was verskriklik.”

Die ondersoeker kon glo geen DNS van AJ op Bernadette se motor kry nie. Hy het die ongelukstoneel herkonstrueer en bepaal dat Bernadette nie oor haar eie kind gery het nie.

“Sy teorie was dat hy op een of ander manier by die trekker of by een van die plaasimplemente seergekry het.”

Die hof in Kroonstad het Bernadette vrygespreek van strafbare manslag. Daar was glo nog ’n verdagte, maar daar was nie genoegsame bewyse om hom te vervolg nie.

“Aan die begin wou het net hê iemand moet boet vir my kind se dood, maar ná al die jare wil ek eintlik net antwoorde hê. Ek wil net weet hoe my kind gesterf het. Ek het wel vrede. Dit is baie meer werd as antwoorde oor dinge wat in die verlede gebeur het.”

Bernadette se pad na genesing was nie ’n maklike een nie.

“Ná die speurder se bevinding, het ek vir die eerste keer myself toegelaat om werklik te rou. Al die jare het ek die emosies onderdruk.”

In 2023 het sy verslaaf geraak aan medikasie en is sy na ’n rehabilitasiesentrum.

“Daar het ek aan myself gewerk en geleer hoe om my verlies en seer te verwerk.” Sy kan die saak nou as afgehandel beskou. “Ek moes nie net die verdagte vergewe nie, maar ook myself en al die mense wat my uitgekryt het as ’n slegte ma.”

Bernadette sê daar is steeds dae waarop sy haar woelige seuntjie mis.

“Daar is party dae waarop die mat heeltemal onder my uitgeruk word en ek hom verskriklik baie mis. Dan wonder ek hoe hy as 11-jarige seuntjie sou wees, maar ek vind berusting in die feit dat hy nou veilig en gelukkig by Jesus is.”

Om haar eie naam weer te herstel en vir ander te oortuig sy het nie haar kind raakgery nie, het Bernadette besluit om ’n boek, Dinosourus, ’n docket en die dood, te skryf.

“Die boek was eintlik onverwags. Daarin vertel ek bietjie meer oor AJ, my verhaal, hoe ek vir jare gedink het ek het was verantwoordelik vir sy dood en uiteindelik wat die uitkoms was.”

Sy sê die skryf van die boek was vir haar baie terapeuties.

“Eintlik wou ek net alles op swart en wit sit en vir mense antwoorde gee, maar ek het self genesing uit die skryfproses gevind.”

Afgesien van haar boek, lewer sy ook praatjies oor haar reis na vergifnis en genesing.

“Dit is die seerste seer om ’n kind te verloor. Ek wil vir mense hoop bring en vir hulle wys die Here kan jou genees. Ek is ’n voorbeeld daarvan en as ek nou terugkyk, besef ek daar het tog iets moois uit AJ se dood gekom.”

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Allegaartjie met Jaco Versfeld

Sondae
17:00 - 00:00

Luister nou

Volgende