22 November 2023
Byna vyf jaar nadat haar man deur Al-Kaïda in Burkina Faso ontvoer is, en glo onder verdagte omstandighede gesterf het, het ‘n Potchefstroomse vrou ‘n regter gevra om hom dood te verklaar en om die egpaar se 28 jaar-lange huwelik te ontbind.
Christo Bothma, die pa van ses kinders, was in diens as ‘n instandhoudingsuperintendent by ‘n myn in Burkina Faso toe hy op 23 September 2018 – saam met die myneienaar se seun – Vikrambhai Visarambhai Akoliya, ontvoer is.
Akoliya en Bothma was destyds op reis na die hoofstad, Ouagadougou sonder veiligheidsbeamptes wat hulle begelei het.
Volgens sy vrou, Amanda, het Bothma vyf jaar by dié myn gewerk.
Werksaamghede by die myn is voorheen beïnvloed deur die streek se onstabiele veiligheidsituasie.