14 Desember 2023
’n Vrou in Australië word daarvan aangekla dat sy ’n geparkeerde vragmotor met 10 000 Krispy Kreme-oliebolle gesteel het.
Die polisie het gesê die ongemerkte aflewerings-vragmotor het in die buitewyke van Sydney vir brandstof gestop, toe ‘n 28-jarige vrou na bewering binne-in gespring het en met die varsgebakte baksel probeer vlug het.
Speurders het ‘n spoor van krummels na ‘n voorstedelike parkeerterrein gevolg, waar hulle die verlate voertuig meer as ‘n week later gevind het.
Die vrou is daarna in hegtenis geneem. Sy word egter net daarvoor aangekla dat sy ‘n vragmotor sonder die eienaar se toestemming geneem het.
Volgens die polisie is die oliebolle glo “vernietig”.