14 Oktober 2021
‘n Vrou het gisteraand (13 Oktober) ongeveer 20:25 na haar dood gespring binne die Sandton City-inkopiesentrum in Johannesburg.
Die bestuur van die inkopiesentrum het die nuus op sy Twitter-profiel bevestig. Volgens die plasing het nooddienste en paramedici gou op die toneel aangekom, maar die persoon is op die toneel dood verklaar. Sandton City het nie bevestig of die persoon ‘n man of vrou is nie, maar luidens ooggetuies was dit ‘n jong meisie.
Die teen-misdaadaktivis, Yusuf Abramjee sê dit was na bewering ‘n 19-jarige meisie wat haar eie lewe geneem het. Dit is egter nog nie bevestig nie.
Sosiale media-gebruikers het beweer dat hulle gesien het hoe die vrou val.
Sandton City het sy medelye met die persoon se naasbestaandes betuig.
Stem vir die Aitsa’s