10 November 2021
Die polisie in die Vrystaat het ‘n 30-jarige man in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 31-jarige meisie, wie se liggaam in ‘n dam naby Lindley gevind is.
Volgens die polisiewoordvoerder, brigadier Motantsi Makhele het die vrou, Thandi Paulina Dhlamini 17 dae gelede vermis geraak, maar sy is nooit as vermis aangemeld nie.
‘n Persoon, wat naby die dam verby geloop het, het die liggaam gesien dryf op die dam en die polisie laat kom.
“Klippe en ‘n draad is saam met die vrou se liggaam in ‘n kombers toegedraai en in die dam gegooi.” Die verdagte is in Qwa Qwa in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
Stem vir die Aitsa’s