Vrou ontvoer, aangerand en vir dood agtergelaat


Luister nou

Volgende

Vrou ontvoer, aangerand en vir dood agtergelaat

25 Julie 2023

Die Mi7-nooddienste het ‘n 23-jarige vrou in die bosse in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal gevind twee dae ná sy na bewering ontvoer, aangerand en vir die dood agtergelaat is. 

Luidens ‘n verklaring van die nooddienste is die vrou by haar bewussyn, maar in ‘n kritieke toestand. 

Die woordvoerder van Mi7, Colin David, sê weens die wonde wat die slagoffer opgedoen het, blyk dit dat haar aanvallers probeer het om haar te onthoof.

David sê die slagoffer het aangedui dat sy Saterdagaand deur verskeie mans ontvoer is, maar dit is onduidelik waar sy ontvoer is. Sy is ook na bewering seksueel aangerand.

Volgens David kon die vrou twee dae later daarin slaag om die bosse te verlaat en na die kant van die Gladys Manzi-pad te beweeg, waar sy gevind is.

Die voorval word ondersoek en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Cyril-4-1

Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”

Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa

Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

GquJsHhXAAAiYuq

AfriForum ondersteun 49 Suid-Afrikaners se besluit om ‘n “beter lewe in die VSA te soek”

Plastic view

PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT

Internasionale perspektief

Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry

Ander Nuus Artikels

Repliek
Van Wiskunde tot werk
GRVyh6TbEAAnjIT
Omstrede vroedvrou ontken aanklagtes teen haar
CYRIL IVOOR
“49 Vlugtelinge word nie sleg behandel in SA nie,” sê Ramaphosa
Cyril-4-1
Nuusbrief: “Suid-Afrika speel ‘n belangrike rol in die transformasie van Afrika se ekonomie”
Tiger Brands beverage manufacturing facility in South Africa
Voedselprodusent maak skikkingsaanbod na 2017 se listeriose-uitbreking

Vrou ontvoer, aangerand en vir dood agtergelaat


Luister nou

Volgende