18 Augustus 2022
Die 23-jarige Suid-Afrikaanse vrou, wat weens bewerings van dwelmhandel ‘n lewenslange gevangenisstraf-vonnis in Thailand uitdien, se vonnis is na 33 jaar verminder nadat haar appélaansoek gister aangehoor is.
‘n Lewenslange vonnis in Thailand is nie 25 jaar soos in Suid-Afrika nie en verwys na lewenslank.
‘n Onafhanklike bank regters het Ashley Oosthuizen se appélaansoek gister in ‘n hof in Koh Samoei aangehoor.
Oosthuizen was ten tyde van haar inhegtenisneming in Oktober 2020 ‘n kelnerin en het ‘n pakkie vir haar destydse Amerikaanse kêrel ontvang. Daar was dwelms in die pakkie.
Haar ma, Lynn Blignaut sê hulle het nou 30 dae om die vonnis te appelleer.