27 September 2021
‘n 51-jarige vrou is van roekelose en nalatige bestuur aangekla nadat sy glo die afgelope naweek ‘n jagluiperd by die Kruger Nasionale Park se Punda Maria-kamp doodgery het.
Die polisiewoordvoerder, brigadier Motlafela Mojapelo sê ‘n saak is by die Saselamani-polisie aanhangig gemaak. Hy sê voorlopige ondersoeke dui daarop dat die vrou na bewering ook nie by die spoedbeperkinge in die park gehou het nie.
Volgens hom blyk dit nie asof die vrou ‘n toeris was nie en woon moontlik naby die Krugerwildtuin.
SANParke het in ‘n verklaring gesê dat die voorval Vrydagaand (24 September) gebeur het. Hulle het weer ‘n beroep op besoekers gedoen om waaksaam te wees wanneer hulle in die park ry en om by die spoedgrens te hou.
Stem vir die Aitsa’s