Vrees neem toe vir alliansie tussen China en Rusland


Luister nou

Volgende

Vrees neem toe vir alliansie tussen China en Rusland

Nuuskommentaar: 4 Januarie 2022

Deur: Jaco Kleynhans

Die Amerikaanse president Joe Biden het Sondag in ‘n telefoongesprek met die president van die Oekraïne weer eens bevestig dat die VSA baie ernstig sal optree sou Rusland besluit om die Oekraïne aan te val. Dit volg nadat Biden verlede Donderdag in ‘n telefoongesprek met President Wladimir Poetin van Rusland ook gewaarsku het dat die VSA gereed is om teen Rusland op te tree.

Oor die naweek het President Xi Jinping van China ‘n nuwejaarsboodskap aan Poetin gestuur waarin hy sy tevredenheid met die groeiende samewerking tussen China en Rusland uitspreek. Dit is duidelik dat die doel van hierdie boodskap nie net ‘n vriendelike boodskap aan die Russiese regering is nie, maar dat die Chinese ook daarmee ‘n boodskap aan die res van die wêreld, en veral die Weste, wil stuur. 

Die samewerking tussen China en Rusland is daarop gemik om Amerikaanse hegemonie te breek en seker te maak dat die VSA, anders as die afgelope paar dekades, in die toekoms nie meer die toon aan gee in globale politieke, ekonomiese en ander beleidskwessies nie.

Die Chinese regering het ook aangekondig dat Poetin die Winter Olimpiese Spele in China gaan bywoon, terwyl Biden en talle ander Westerse leiers dit gaan boikot. Die weermagte van Rusland en China het in Augustus verlede jaar ook hulle grootste gesamentlike militêre oefening ooit in China uitgevoer.

Groter militêre, politieke en ekonomiese samewerking tussen China en Rusland is reeds die afgelope paar jaar besig om te ontwikkel. Hoewel die twee lande heelwat verskille en selfs kompeterende belange in byvoorbeeld Wes-Asië, die Midde-Ooste en die Arktiese-streek het, is die twee lande se samewerking die sterkste in minstens ses dekades. 

Dit raak toenemend duidelik dat die Amerikaanse regering se verswakkende verhouding met Rusland en China die afgelope dekade grootliks tot die samewerking tussen China en Rusland aanleiding gegee het. Die twee lande is nie natuurlike vennote nie.

Die VSA en ander Westerse lande se verhouding met Rusland het dramaties verswak sedert die konflik in die Oekraïne in 2014 uitgebreek het en Rusland uit die G8-groep van lande geskop is. Westerse lande se verhouding met China het die afgelope paar jaar verswak weens President Xi Jinping se meer aggressiewe buitelandse beleid, veral in die Stille-Oseaan-gebied en die Suid-Chinese See.

Dit sou egter kortsigtig wees om te dink dat die samewerking tussen Rusland en China sonder enige struikelblokke sal voortgaan om verder te versterk en uit te brei. Terwyl die twee lande totaal verskillende globale doelwitte het, is hulle ekonomieë, politieke stelsels en militêre vermoë nie juis versoenbaar nie.

Rusland het die afgelope tyd gekla oor Chinese spioenasiewerk. Terwyl die Chinese media toegelaat word om sonder beperkings in Rusland sake te doen is dit nie vir  Russiese media moontlik om vrylik in China op te tree nie. Die Russe is ook ongelukkig oor Chinese handelspraktyke en veral China se toenemende dominerende optrede in Wes-Asië.

Terwyl dit onwaarskynlik is dat die Weste en Rusland binnekort hulle verhouding gaan normaliseer, is dit ook verkeerd om te dink dat Rusland en China voortdurend meer gaan saamwerk wat kan beteken dat dié twee lande globale beleidskwessies kan begin domineer. Hoewel Rusland en China in 2022 waarskynlik verder gaan saamwerk, is dit egter geen aanduiding van ‘n langtermyn alliansie tussen dié twee lande nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GrYgh3mW8AA78LQ

Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie

0000800397_resized_oscarmabuyane1022

Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

School,Classroom,With,Blackboard

Departement van onderwys veroordeel aanval op leerling

Gwede2-1

Gwede Mantashe SA se “nuwe president” – net tydelik

ChatGPT Image May 19, 2025, 03_15_29 PM

Malema: “Ramaphosa se besoek na VSA is ‘n mors van tyd”

Ander Nuus Artikels

GrYgh3mW8AA78LQ
Voormalige burgemeester vaar uit oor brandende substasies
Matriekeksamen
Onderwysdepartement stel raad saam om 30%-slaagsyfer te heroorweeg
GrWax5CXIAAmt93
Wraakpornografie is nou onwettig in die VSA na Trump ‘n wet onderteken
GrYgh3mW8AA78LQ
Centurion-kragonderbreking: Metro kan nog nie oor hersteltyd sê nie
0000800397_resized_oscarmabuyane1022
Oos-Kaapse premier word deel van misdaadstatistiek – ondanks polisiebewaking

Vrees neem toe vir alliansie tussen China en Rusland


Luister nou

Volgende